Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Gloucester | ||
![]() | ||
Ander name | Cotswold | |
Oorsprong | Gloucestershire, Engeland | |
Melkbron | Koeie | |
Eienskappe | ||
Gepasteuriseer | Nee | |
Tekstuur | Halfhard | |
Vorm | Rond | |
Veroudering | 36 weke |
Gloucester is ’n tradisionele, halfharde kaas wat sedert die 16de eeu in Gloucestershire, Engeland, gemaak is, op ’n tyd slegs van die melk van die eens byna uitgestorwe Gloucesterbees.
Daar is twee soorte gloucesterkaas: enkel en dubbel. Albei soorte het ’n natuurlike buitelaag en ’n halfharde tekstuur. Die enkelkaas is egter krummelriger, ligter van tekstuur en het ’n laer vetinhoud. Die dubbelkaas word vir langer verouder en het ’n sterker, gekruider smaak. Dit is ook effens harder. Albei word in ronde vorms vervaardig, maar dubbelgloucester is groter. Tradisioneel was die dubbelkaas duurder en is dit uitgevoer, terwyl die enkelkaas gewoonlik in Gloucestershire self geëet is.[1]
Dubbelgloucester word dikwels met ander bestanddele gemeng. Een variëteit word gemaak deur dit met gras- en sprietuie te meng; dit word bemark as cotswoldkaas, hoewel dit nie ’n tradisioneel Engelse kaasnaam is nie.[2][3] Dié kaas het na bewering dieselfde kleur as Cotswoldsteen, ’n Jurassiese kalksteen.[4]
Die rede hoekom die twee soorte kaas "enkel" en "dubbel" genoem word, is nie seker nie. Die hoofteorieë is: