Goma

Goma
Goma aan die Kivumeer
Goma aan die Kivumeer
Goma is in Module:Location map/data/Demokratiese Republiek die Kongo
Goma
Goma
Koördinate: 1°41′S 29°14′O / 1.683°S 29.233°O / -1.683; 29.233
LandVlag van Demokratiese Republiek die Kongo Demokratiese Republiek die Kongo
ProvinsieNoord-Kivu
Regering
 • BurgemeesterFrançois Kabeya
Oppervlak
 • Totaal45 km2 (17 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal782 000
 • Digtheid17 378/km2 (45 010/vk. myl)

Goma is 'n stad in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo aan die noordelike oewer van die Kivumeer net wes van die grens met Rwanda geleë. Die stad lê in die Groot Skeurvallei net suid van die aktiewe stratovulkaan Nyiragongo. Naby die stad is ook die wêreldbekende Virunga- Nasionale Park met die berggorilla's. Die belangrikste taal in die streek is Swahili en van die grootste etniese groepe is Hutu en Tutsi.

Dans tydens die jaarlikse Festival Amani in Goma

Goma se onlangse geskiedenis word veral gekenmerk deur die vulkaan en die Rwandese volksmoord in 1994 wat tot die Eerste en Tweede Kongo-oorlog gelei het. In laat 2012 is die stad deur M23-beweging-rebelle verower en daarna weer deur die Kongolese Weermag oorgeneem. In Januarie 2025 het dieselfde rebellegroep, glo met Rwandese ondersteuning, die stad weer verower. Tydens die Slag om Goma het 14 Suid-Afrikaanse soldate, wat deel was van 'n internasionale vredesmag, gesneuwel. Dit het tot 'n diplomatieke krisis tussen Rwanda en Suid-Afrika gelei. Volgens internasionale waarnemers lê die oorlog se oorsprong in die streek se ryk hulpbronne.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Paul Nantulya (29 Januarie 2025). "Risk of Regional Conflict Following Fall of Goma and M23 Offensive in the DRC". Africa Center. Besoek op 7 Februarie 2025.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]