Die Gondwantheria is 'n uitgestorwe soogdierorde wat bekend is vanaf die laat-kryt tot die middel-eoseen van alle dele van die suidelike kontinent Gondwana, behalwe Australië en Nieu-Seeland.
Kladistiese ontleding deur Gurovich en Beck (2009) en Goin et al. (2012) plaas die groep in die Allothera as 'n sustergroep van die Multituberculata wat juis veral op die dele van die noordelike kontinent Laurasië aangetref word.[1] Maar die posisie van hierdie groep in in 2018 baie onduidelik. Huttenlocker et.al. oorweeg of hulle nie verwantes van die Haramiyida is nie. Dit sou hulle buite die Mammalia in die Mammaliaformes plaas.[2]
Hierdie groep is net sedert 1986 bekend en daar is nog min inligtings oor hulle.
Die orde bevat twee families:
Behalwe Vintana bestaan alle fossiele net uit tande. Van Vintana is egter 'n skedel gevind wat beide primitiewe en afgeleide kenmerke vertoon. Die dier was ook taamlik groot vir 'n mesosoïese soogdier: dit was ongeveer 9 kg swaar en het 'n bietjie soos 'n marmot gelyk. [3][4]