Gordon Lightfoot | |
---|---|
Gordon Lightfoot in Toronto | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Gordon Meredith Lightfoot, Jr. |
Gebore | 17 November 1938 |
Sterf | 1 Mei 2023 (op 84) |
Genres | Folk-musiek Country-musiek Rock-musiek |
Beroep(e) | Sanger Musikus Liedjieskrywer |
Instrumente | Kitaar, klavier |
Jare aktief | 1962 - 2023 |
Etikette | United, Reprise, Warner Bros., Linus |
Webwerf | Amptelike webwerf |
Gordon Meredith Lightfoot, Jr., Companion of the Order of Canada/Ordre du Canada, lid van die Order of Ontario, (17 November 1938 ‒ 1 Mei 2023), was 'n Kanadese sanger en liedjieskrywer wat in genres soos folk-, country- en popmusiek internasionale sukses behaal het. Lightfoot het met sy liedere in die 1960's bekendheid verwerf en in die 1970's met enkelsnitte soos If You Could Read My Mind (1970), Sundown (1974), Carefree Highway (1974), Rainy Day People (1975) en The Wreck of the Edmund Fitzgerald (1976) topposisies in internasionale trefferlyste gehaal.
Lightfoot se liedere is deur wêreldbekende kunstenaars opgeneem, onder wie Elvis Presley, Johnny Cash, Marty Robbins, Jerry Lee Lewis, Bob Dylan, Judy Collins, Barbra Streisand, Johnny Mathis, Richie Havens, Harry Belafonte, Sandy Denny (saam met Fotheringay), Scott Walker en John Mellencamp.