'n Graaf is 'n werktuig wat ontwerp is vir om in die aarde te grawe. Die eerste grawe was uit gekerfde hout vervaardig. In die tydperk van die Sumeriërs is ystererts gebruik om 'n skerper en meer doeltreffender punt te maak. Voor die vervaardiging van metaalgrawe was die gebruik van 'n graaf nie 'n uiters doeltreffende manier om aarde te verskuif nie, maar met die koms van die ystergraaf het grootskaalse konstruksie (gepaard met die nodige aantal werkers) 'n moontlikheid geword.
Die graaf se naam dui op die funksie van die graaf: om in die aarde te grawe. Die woord kan ook gebruik word om 'n hoeveelheid aan te dui ("twee grawe sand") of verwys na die lengte van 'n graafblad ("hy spit twee grawe diep").
Grawe word in verskillende groottes en vorms vervaardig, afhangende van die spesifieke funksie wat verlang word.
Die algemene tuingraaf het tipies 'n lang handvatsel met 'n breë blad en het 'n vastrapplek vir die voete bo-aan (waarmee die graaf in die grond gedryf word). 'n Ierse graaf se ontwerp is baie dieselfde, maar dit het 'n minder brëeblad en dus 'n meer reghoekige vorm.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Shovels and spades. |