Graansorghum | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Klade: | Commelinids |
Orde: | Poales |
Familie: | Poaceae |
Subfamilie: | Panicoideae |
Genus: | Sorghum |
Spesie: | S. bicolor
|
Binomiale naam | |
Sorghum bicolor | |
Sinonieme | |
|
Graansorghum (Sorghum bicolor) is 'n grasspesie wat verbou word vir sy graan, en gebruik word as voedsel vir mens en dier, en benewens vir etanolproduksie. Dit is een van etlike Sorghum-spesies, waar Sorghum 'n genus van die grasfamilie Poaceae is.
Graansorghum staan ook as besemkoring of grootmanna bekend, en word in ander wêrelddele durra, jowar of milo genoem. In die vorige eeu is dit ook kafferkoring genoem, en in Zoeloe en Ndebele staan dit onderskeidelik as Infe en Nabele bekend. Die graan word ook onder die Engelse handelsnaam sorghum bemark.
Graansorghum is omstreeks 3000 v.C. in Ethiopië mak gemaak, het hiervandaan oor die hele Afrika versprei en word nou wyd verbou in tropiese en subtropiese streke.[1] Om en by 2000 v.C. is graansorghum ook in Sentraal-Indië verbou. In Egipte is dit reeds vanaf die vroeg-Islamitiese tyd 'n belangrike kultuurplant. Slawe uit Afrika het graansorghum aan die begin van die 17de eeu na die Verenigde State gebring. Sedertdien word dit in die meeste dele van die wêreld verbou en het mielies grotendeels as veevoer vervang.
Graansorghum is die wêreld se vyfde belangrikste graan ná rys, koring, mielies en gars. S. bicolor is tipies eenjarig, maar sommige kultivars is meerjarig. Dit groei in polle wat meer as 4 m hoog kan word. Die graan is klein, wat wissel van 3–4 mm in deursnee. Soetriet is graansorghumkultivars wat hoofsaaklik gekweek word vir die blare, stroopproduksie en etanol; hulle is langer as dié wat gekweek word vir graan.[2][3]
Sorghum bicolor is die verboude spesie van graansorghum, en sy wilde naverwante maak die plantgenus Sorghum uit.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Sorghum. |