Grafiese notasie is die verteenwoordiging van musiek deur die gebruik van visuele simbole buite die gebied van die tradisionele musieknotasie. Grafiese notasie het in die 1950's ontwikkel en dit word gewoonlik saam met tradisionele musieknotasie gebruik.[1] Komponiste gebruik grafiese notasie dikwels in eksperimentele musiek, waar standaardnotasie ondoeltreffend kan wees.
’n Algemene aspek van grafiese notasie is die gebruik van simbole om inligting aan die voordragkunstenaar oor te dra oor die manier waarop die stuk musiek voorgedra moet word. Hierdie simbole het in die werke van avant-garde-komponiste soos Roman Haubenstock-Ramati, Mauricio Kagel, György Ligeti (Artikulation), Krzysztof Penderecki, Karlheinz Stockhausen en Iannis Xenakis begin voorkom, sowel as in die werke van eksperimentele komponiste soos Earle Brown, John Cage, Morton Feldman en Christian Wolff gedurende die 1950's en 1960's.
Nadat Cornelius Cardew as Stockhausen se assistent gewerk het, het hy aan ’n groot grafiese partituur begin werk, wat hy Treatise genoem het. Die stuk bestaan uit 193 bladsye uiters abstakte simbole. Die partituur self is byna ’n kunswerk in eie reg.
In 2008 het Theresa Sauer ’n versameling grafiese partiture deur komponiste vanuit meer as vyftig lande saamgestel,[2] wat toon hoe algemeen dit geword het.
Hierdie notasie kan, soos musiek op tradisionele notebalke, ’n tyd-toonhoogte grafiese stelsel wees. In die voorbeeld hierbo, word tyd nog steeds verteenwoordig deur van links na regs te lees.