Greg Graffin | |
---|---|
Greg Graffin in 2007 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Gregory Walter Graffin |
Gebore | 6 November 1964 Madison, Wisconsin |
Genres | Punk rock |
Instrumente | Sang, kitaar, klavier, tromme |
Jare aktief | 1979–nou |
Etikette | Epitaph Records |
Assosiasies | Bad Religion |
Gregory Walter Graffin (gebore 6 November 1964) is 'n Amerikaanse punk rock sanger, liedjieskrywer, dosent, en skrywer. Hy is bekend as die voorsanger, liedjieskrywer, en die enigste konstante lid van die bekende Los Angeles orkes Bad Religion. Hy het begin met 'n solo-loopbaan in 1997. Graffin het sy PhD in die geskiedenis van wetenskap aan Cornell Universiteit behaal en doseer kursusse in die natuurwetenskappe by beide die Universiteit van Kalifornië en by Cornell Universiteit.
In 1979, op die ouderdom van 15, het Greg Graffin en 'n paar van sy hoërskool klasmaats Bad Religion gevorm in Suid-Kalifornië se San Fernando-Vallei.[1] Na die vrystelling van twee EPs en twee ateljeealbums het hulle ontbind rondom 1985. Bad Religion het hervorm in 1986 met nuwe lede, wat bestaan uit Graffin op voorsang, Brett Gurewitz en Greg Hetson op kitare, Jay Bentley op baskitaar, en Pete Finestone op tromme. In 1988, het hulle Suffer vrygestel, wat gewild gemaak was deur kitaarspeler Gurewitz se Epitath Records. Hulle het twee meer ateljeealbums vrygestel voor Finestone die orkes verlaat het in 1991.
Bad Religion is bekend vir polities lirieke met vinnige harmonie en melodie. Graffin het die grootste deel van die materiaal op sy eie geskryf vir 'n drie-album tydperk in die laat 1990's. Gurewitz het die orkes verlaat in 1994 om te konsentreer op die toekoms van die Epitath.
Graffin het 'n solo-album vrygestel in 1997, American Lesion, wat bestaan uit sagter, meer pop-georiënteerde volksliedjies. Die meeste van hierdie album is geskryf tydens die ontbinding van sy huwelik.
In 2005, het Graffin sy tweede solo-album Cold as the Clay vrygestel. Die album is 'n samesmelting van nuwer liedjies deur Graffin en 18de - en 19de-eeuse Amerikaanse volksliedjies. Dit is vervaardig deur Brett Gurewitz en vrygestel op ANTI-Rekords op 10 Julie 2006.
Sy nuutste album, "Millport" is vrygestel op 10 Maart 2017. Dit was mede-geskryf en vervaardig deur Brett Gurewitz van Bad Religion met lede van Social Distortion.[2]
Graffin het Hoërskool El Camino bygewoon en daarna sy baccalaureus en meestersgraad aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles (UCLA) behaal. Hy het sy PhD in die geskiedenis van wetenskap by Cornell Universiteit verdien. Die PhD-proefskrif is onder toesig van William B. Provine.[3]
Greg Graffin het teruggekeer na UCLA waar hy natuurwetenskapkursusse gegee het.[4] In 'n onderhoud met Jay Bentley van Bad Religion in Junie 2008 het hy genoem dat Graffin daar van Januarie tot Maart 2009 sal onderrig.[5] In April 2011 het Graffin genoem dat hy na die Cornell Universiteit sal terugkeer, en 14 weke sal onderrig.[6]