Die Grondwet van Suid-Afrika is die hoogste wet van Suid-Afrika. Dit is op 4 Desember 1996 as Wet 108 van 1996 deur die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika aanvaar.
Ingevolge die tussentydse grondwet, wet 200 van 1993, moes die grondwetlike vergadering 'n nuwe grondwet saamstel. Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika moes sertifiseer dat die nuwe grondwet voldoen aan die 34 grondwetlike beginsels waarop vooraf ooreengestem is volgens die onderhandelaars van die tussentydse grondwet. Die aanvanklike voorlegging aan die hof is nie goedgekeur nie – die grondwetlike vergadering moes die teks weer in oënskou neem en die hof se redes in ag neem.
Op 4 Desember 1996 het die hof die gewysigde weergawe goedgekeur en dit het die amptelike grondwet van Suid-Afrika geword by ondertekening deur president Nelson Mandela met effek vanaf 4 Februarie 1997. Dit is sedertdien al enkele kere gewysig.
Die grondwet bestaan uit 'n inleiding,[1] veertien hoofstukke en sewe bylaes. Elke hoofstuk en bylaag fokus op 'n spesifieke onderwerp.
Ons, die mense van Suid-Afrika, Erken die ongeregtighede van ons verlede;
Mag God ons mense beskerm. Nkosi Sikelel’ iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso. God seën Suid-Afrika. God bless South Africa. Mudzimu fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika.
|
Om 'n volledige Afrikaanse weergawe van die grondwet te bekom, kan die webblad van die Grondwetlike hof geraadpleeg word. Daar moet egter daarop gelet word dat die Engelse weergawe deur die President van Suid-Afrika onderteken is en dus as die amptelike weergawe geag word.