Groot Beremeer | |
---|---|
Satellietbeeld van die Groot Beremeer | |
Kaart van die Groot Beremeer | |
Koördinate: | 66°N 121°W / 66°N 121°W |
Ligging: | Noordwestelike gebiede, Kanada |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 31 153 km² (12 028 myl²)[1][2] |
Gemiddelde diepte: | 71,7 meter (235 voet)[1][2] |
Maksimum diepte: | 446 meter (1 463 voet)[1][2] |
Volume: | 2 236 km³ (536 myl³)[1][2] |
Opvangsgebied: | 114 717 km² (44 292 myl²)[1][2] |
Omtrek: | 2 719 km (1 690 myl) (plus 824 km (512 myl) eilande se kuslyn)[1][2] |
Uitvloei: | Groot Bererivier |
Eiland/e: | 26 hoofeilande, totaal 759,3 km² (293,2 myl²) in oppervlakte[1] |
Nedersettings: | Deline |
Gevries: | November – Julie[2] |
Die Groot Beremeer (Engels: Great Bear Lake, Frans: Grand lac de l'Ours) is die agtste grootste meer ter wêreld, die vierde grootste meer in Noord-Amerika en die grootste meer in Kanada, buite die Groot Mere. Dit is in die Noordwestelike gebiede in die noorde van Kanada, noordwes van die Groot Slawemeer en suid van die Arktiese Oseaan geleë en het 'n oppervlakte van 31 153 km². Die meer word deur die Groot Bererivier met die Mackenzierivier verbind, wat in die Arktiese Oseaan uitmond.