Die Groot Muur (ook genoem die Comamuur of die Groot CfA2-muur) is een van die heel grootste bekende strukture in die heelal. Dit is ’n filament van sterrestelsels sowat 200 miljoen ligjare van die Aarde af en is groter as 500 miljoen x 300 miljoen x 16 miljoen ligjare. Dit sluit die Hercules-, die Coma- en die Leo-superswerm in.[1]
Dit is in 1989 deur Margaret Geller en John Huchra ontdek gebaseer op rooiverskuiwingdata van die CfA-rooiverskuiwingopname.[2] Dit is nie bekend hoeveel groter die Groot Muur is nie omdat die gas en stof van die Melkweg (die Sone van Ondeursigtigheid) die uitsig versper. Die volume van die muur word geraam op sowat 9,46×1043 km3.
Sterrekundiges meen die heelal bestaan uit 'n paar sulke mure wat langs webagtige stringe donker materie vorm[3] met groot leemtes tussenin – die grootste van dié mure is die Groot Muur van Sloan, wat sowat 1,38 miljard ligjare lank is.