Groot Jamia-moskee | ||
Ligging | Lahore, Pakistan | |
Voltooi | 2014 | |
Status | Aktief | |
Spesifikasies | ||
Minaret(te) | 4 | |
Minarethoogte | 50 m | |
Koepel(s) | 21 | |
Kapasiteit | 70 000 | |
Styl | Islamities, Mogol | |
Webtuiste | Grand Jamia Masjid.com |
Die Groot Jamia-moskee is ’n moskee in Lahore, Pakistan. Dit is die derde grootste moskee in Pakistan en die sewende grootste in die wêreld.[1] Dit is op 6 Oktober 2014 op Eid-oel-Adha (die Offerfees) ingewy. Daar is binne plek vir 25 000 aanbidders, terwyl die binnehof en gang wat na die hoofgebedsale lei, altesaam 70 000 mense kan huisves.[2]
Die moskee het vier minarette, wat elk 50 m hoog is, en ’n groot koepel wat deur nog 20 kleineres omring word. Die buitemure is afgewerk met 4 miljoen handgemaakte teëls. Die binnekant is versier met pasgemaakte matte wat uit Turkye ingevoer is en meer as 50 kandelare uit Iran.[3]