Grysstof | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
’n Dwarsdeursnee van die rugmurg, met die grys- en witstof en die laterale, dorsale en ventrale horings aangedui. | ||
Inligting | ||
Latyn | Substantia grisea | |
Eksterne bronne | ||
FMA | 67242 | |
Dorland's | Grey matter |
Grysstof is ’n belangrike deel van die sentrale senuweestelsel; dit bestaan uit neuronale selliggame, neuropil (dendriete en gemiëlineerde sowel as ongemiëlineerde aksons), glialselle, sinapse en haarvate.
Grysstof verskil van witstof deurdat dit talle selliggame en relatief min gemiëlineerde aksons bevat, terwyl witstof relatief min selliggame en hoofsaaklik gemiëlineerde aksons bevat.[1] Die kleurverskil is veral vanweë die wit miëlien. In lewende weefsel is grysstof eintlik ’n baie ligte grys met gelerige of pienkerige skakerings vanweë haarvate en neuronale selliggame.[2]
Grysstof bevat die meeste van die brein se neurale selliggame. Dit sluit dele van die brein in wat betrokke is in spierbeheer, sintuie soos sien en hoor, geheue, emosies, spraak, besluitneming en selfbeheersing.[3]
Die grysstof in die rugmurg kan in drie gryskolomme, of horings, verdeel word: