Guacamole is 'n avokadogebaseerde smeer, doopmiddel of slaai wat die eerste keer in Mexiko ontwikkel is.[1] Benewens die gebruik daarvan in moderne Mexikaanse kookkuns, het dit deel van die internasionale kostoneel geword as 'n doop- of geurmiddel of slaaibestanddeel.[2][3]
Avokadosade van 9 000 tot 10 000 jaar gelede is in die Tehuacanvallei van Mexiko ontdek. Dit is teen 5000 v.C. deur verskeie Meso-Amerikaanse groepe gedomestikeer.[4][5]
Hulle is waarskynlik teen 3100 v.C. al in die Supevallei van Peru gekweek.[6]
Omdat avokado's bruin word as dit aan suurstof blootgestel word,[10] moet guacamole in 'n lugdigte houer gebêre of in plastiek toegedraai word om te keer dat dit met die lug in aanraking kom.[11]