Guinness World Records
| |
---|---|
Skrywer | Craig Glenday (redakteur)[1] |
Omslagontwerper | Simon Jones |
Taal | Engels, Arabies, Bulgaars, Chinees, Kroaties, Tsjeggies, Deens, Nederlands, Estnies, Filippyns, Fins, Frans, Duits, Grieks, Hebreeus, Hongaars, Yslands, Italiaans, Japannees, Koreaans, Lets, Noors, Persies, Pools, Portugees, Roemeens, Russies, Slowaaks, Sloweens, Spaans, Sweeds en Turks |
Reeks | Jaarboek |
Onderwerp | wêreldrekords |
Genre | verwysing |
Uitgewer | Jim Pattison Group |
Uitgegee | 10 November 1951 |
Medium | Boek, Televisie |
Guinness World Records, sedert sy ontstaan in 1955 tot 1998 bekend as The Guinness Book of World Records, is 'n verwysingsboek wat jaarliks gepubliseer word, met 'n lys van alle wêreldrekords en nasionale rekords, van menslike prestasies sowel as die uiterstes van die natuurlike wêreld.
Met die 2016-uitgawe is dit nou in sy 62ste jaar van publikasie. Die internasionale franchise het uitgebrei buite die gedrukte weergawe om ook 'n TV-reeks en museums in te sluit. Die gewildheid van die franchise het daartoe gelei dat Guinness World Records steeds die primêre internasionale gesag op die katalogisering en die verifikasie van 'n groot aantal wêreldrekords is; die organisasie het amptelike rekordbeoordelaars in diens wat gemagtig is om die egtheid van die opstel en verbetering van rekords te verifieer.[2]
Op 10 November 1951 het sir Hugh Bewer, destyds die besturende direkteur van Guinness Breweries,[3] op 'n jagtog vertrek na die North Slob (en) , by die Slaneyrivier in County Wexford, Ierland. Nadat hy 'n goue kiewiet misgeskiet het, het hy in 'n argument betrokke geraak oor watter die vinnigste wildvoël in Europa is, die goue kiewiet of die rooifisant. (Dit is die kiewiet).[4]) Daardie aand in Castlebridge House, het hy besef dat dit onmoontlik was om, selfs met verwysingsboeke, te bevestig of die goue kiewiet Europa se vinnigste voël was.[5][6] Bewer het geweet dat daar talle ander onbeantwoorde vrae moes wees, wat tot laatnag in kroeë in die hele Ierland en die buiteland bespreek is, maar daar was geen boek ter die wêreld wat hierdie argumente oor rekords kon oplos nie. Hy het toe besef dat 'n boek wat al die antwoorde op dié soort vrae kan verskaf, uiters suksesvol behoort te wees.[7]
Bewer se idee het 'n werklikheid geword toe 'n werknemer by Guinness, Christopher Chataway, sy universiteitsvriende Norris en Ross McWhirter, wat 'n feite- of speuragentskap in Londen bedryf het, voorgestel het. Die broers het die opdrag gekry om The Guinness Book of Records op te stel in Augustus 1954. 'n Duisend eksemplare is gedruk en gratis weggegee.[8]
Ná die stigting van The Guinness Book of Records by 107 Fleet Street, is die eerste 198-bladsyuitgawe op 27 Augustus 1955 uitgegee, wat na die top van die Britse besteverkoperlys geklim het teen Kersfees. Bewer het gesê: "Dit was 'n bemarkingspromosie – dit was nie veronderstel om 'n geldmaker te wees nie". Die volgende jaar is dit van stapel gestuur in die VSA, en 70 000 kopieë is verkoop. Sedertdien het Guinness World Records 'n huishoudelike naam geword en die globale leier geword wat wêreldrekords betref. Die boek het self ook 'n wêreldrekord behaal, as die besverkoper kopieregboek van alle tye., met verkope van meer as 100 miljoen eksemplare in 100 verskillende lande en 37 tale,[9][10]