Gérard Rudolf | |
Geboorte | 20 April 1966 Pretoria |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur, Skrywer, Digter, Fotograaf |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Gérard Rudolf is 'n Suid-Afrikaanse akteur en skrywer. Hy het in verskeie rolprente en TV-reekse opgetree, onder andere Arende (1992, 1993), Paljas (1998), The Piano Player (2002) en The Young Black Stallion (2003).[1]
Rudolf matrikuleer in 1983 van Hoërskool Linden waarna hy sy twee jaar verpligte militêre diensplig doen. In 1987 begin hy drama aan die Universiteit van Pretoria te studeer en voltooi sy graad in 1989. Hy sluit vir 'n jaar by die CAPAB-drama maatskappy aan waar hy Shakespeare en ander komedies en dramas opvoer. In 1991 begin hy sy eie teater-maatskappy genaamd Makeshift Moon, wat in oorspronklike Suid-Afrikaanse werke spesialiseer. In 1998 word hy die jongste hoof van die dramaskool in die geskiedenis van die "City Varsity" in Kaapstad. In 2002 verhuis hy na Engeland waar hy homself oor die volgende 8 jaar toespits op sy skryfwerk. In 2009 Publiseer hy sy eerste digbundel, ORPHANED LATITUDES (Red Squirrel Press). In 2010 keer hy terug na Suid-Afrika. Hy woon en werk tans in Johannesburg.