Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die HMS Sussex was 'n County-klas swaarkruiser van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy is gebou onderhewig aan die Washingtonooreenkoms; dit het waterverplasing en slaankrag beperk. Hierdie klas kruiser was ontwerp om die handelsroetes te beskerm en het 'n groot brandstofvoorraad gedra.
Hy het 9 730 ton water verplaas en sy stoomturbines van gesamentlik 80 000 dryfasperdekrag het 'n topspoed van 32,5 knope verseker. Hy was toegerus met agt 8-duim kanonne, agt 4-duim lugafweerkanonne en agt 21-duim torpedobuise.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met HMS Sussex (96). |