Hantili II

Hantili II
Koning van die Hetiete
Bewind 15de eeu v.C.
(middelchronologie)
Voorganger Alloewamna
Opvolger Zidanta II
Ouers Alloewamna
Harapseki
Familie Zidanta II (moontlik sy nefie)
'n Skenkingstablet van Hantili II met sy seël op wat in Boğazköy ontdek is.

Hantili II was in die Bronstydperk van die 15de eeu v.C. 'n koning van die Hetitiese Middelryk.

Familie

[wysig | wysig bron]

Hantili II was die seun van koning Alloewamna, soos bevestig in 'n dokument waarvolgens Alloewamna grondgebied aan sy seun geskenk het.[1] Sy moeder was waarskynlik koningin Harapseki, die dogter van koning Telepinoe. Hantili word op die koningslys net ná Alloewamna genoem. Die latere koning Zidanta II was moontlik Hantili se nefie.[2]

Bewind

[wysig | wysig bron]

Daar is 'n bondgenootskapsverdrag tussen koning Paddatisjoe van Kizzoewatna en 'n onbekende Hetitiese koning, wat Hantili II of Alloewamna kon gewees het.[1] Dit is egter onduidelik of Hantili net ná Alloewamna regeer het en of Tahoerwaili 'n indringer was wat tussenin regeer het. Dit is ook moontlik dat Tahoerwaili ná Hantili II regeer het.

Die waarskynlikste scenario is dat Tahoerwaili voor Alloewamna regeer het en Hantili deur Zidanta II opgevolg is.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 T.Bryce. The Kingdom of the Hittites, Oxford University press, 1988
  2. Proceedings of the eleventh annual UCLA Indo-European Conference, Los Angeles, June 4–5, 1999. Karlene Jones-Bley, Martin E. Huld, Angela Della Volpe.
  3. S.R.Bin-Nun. Who was Tahurwaili, the grate king? Journal of Cuneiform Studies, vol. 26 No 2 April 1974

Skakels

[wysig | wysig bron]