Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
'n Hapax, of meer volledig 'n Hapax legomenon, is 'n woord (of 'n ander taalvorm) wat slegs een keer in 'n konteks gebruik word. Die hapax kom slegs een keer in 'n teks, korpus of 'n selfs 'n taal voor. Dit word dus nooit herhaal nie.
Hapax legomenon is 'n transliterasie van die Griekse woorde ἅπαξ = "éénmaal" en λεγόμενον = "wat gesê word". Die meervoud is hapax legomena.
Die verwante terme dis legomenon, tris legomenon, en tetrakis legomenon verwys respektiewelik na 'n woord wat slegs twee, drie of vier keer voorkom. Hierdie terme word nie algemeen gebruik nie.
Die gebruik van hapaxe in antieke tekste maak dit moeilik om hierdie tekste te ontsyfer, omdat die word nie in 'n verskeidenheid van kontekste gebruik word nie. As voorbeeld bemoeilik die gebruik hiervan in Hebreeuse tekste die vertaling van die Bybel.
Die ontleding van hapaxe word ook soms ingespan om die outeurskap van sekere werke te bepaal of te bevestig. Dit is egter nie as 'n betroubare aanduiding nie.
Tydens die ontleding van tale in die rekenaarwetenskap word hapaxe, saam met ander woorde wat nie algemeen voorkom nie geïgnoreer omdat hulle van minder belang vir rekenaarmatige tegnieke is. 'n Verdere voordeel is dat minder rekenaargeheue benodig word om tale te ontleed.[1]
Volgens die Joodse Ensiklopedie is daar 1 500 hapaxe in die Hebreeuse Bybel, waarvan slegs 400 nie opsigtelik aan ander woorde verwant is nie.[2] Ter illustrasie:
Die Nuwe Testament in die Bybel bevat 686 hapax legomena, waarvan 62 in Petrus 1 en 54 in Petrus 2 voorkom.[4]