Harry James Benson (* 2 Desember 1929 in Glasgow, Skotland) is 'n Skotse fotograaf wat veral bekendheid verwerf het met sy foto's van bekende persoonlikhede uit die politieke lewe en die vermaakbedryf waarvan baie in leidende tydskrifte soos LIFE, Vanity Fair, People en The New Yorker gepubliseer is - soms op die titelblad. So het Benson die Beatles se eerste konserttoernooi deur die Verenigde State in 1964 gedek en fotoportrette geskep van elke Amerikaanse president van Dwight D. Eisenhower tot Barack Obama.
Benson, wat as een van die mees befaamde fotograwe van die 20ste eeu beskryf word,[1] bly tans met sy vrou Gigi in Wellington, Florida, Verenigde State.