Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Paleogeen | Paleoseen | Danium | jonger | ||
Kryt | Laat | Maastricht | 66,0–72,1 | ||
Campanium | 72,1–83,6 | ||||
Santonium | 83,6–86,3 | ||||
Coniakium | 86,3–89,8 | ||||
Turonium | 89,8–93,9 | ||||
Senomanium | 93,9–100,5 | ||||
Vroeg | Albium | 100,5–~113,0 | |||
Aptium | ~113,0–~125,0 | ||||
Barremium | ~125,0–~129,4 | ||||
Hauterivium | ~129,4–~132,9 | ||||
Valanginium | ~132,9–~139,8 | ||||
Berriasium | ~139,8–~145,0 | ||||
Jura | Laat | Titonium | ouer | ||
Die verdeling van die Kryt (IKS). |
Die Hauterivium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Vroeë Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 132,9 tot 129,4 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Valanginium, en gevolg deur die Barremium.
Die Hauterivium is in 1873 deur Eugène Renevier genoem na Hauterive (Neuenburg) in Switserland.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Acanthodiscus (veral A. radiatus), en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammoniete Spitidiscus hugii en S. vandeckii.