Haworthia springbokvlakensis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. springbokvlakensis
|
Binomiale naam | |
Haworthia springbokvlakensis C.L.Scott, (1970)
| |
Sinonieme | |
|
Haworthia springbokvlakensis is 'n meerjarige sukkulent wat tot die genus Haworthia behoort. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom van Klipplaat tot by Kirkwood voor, maar veral op die plaas "Springbokvlakte". Dit het 'n voorkomsgebied van 200 km² en daar is tien subpopulasies. Die bedreiging wat onwettige versamelaars ingehou het is afgeweer, maar oorbeweiding is tans 'n bedreiging.