| |||||
Volle naam | Heinrich Wilhelm Brüssow | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 21 Julie 1986 | ||||
Geboorteplek | Bloemfontein, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1.80 m | ||||
Massa | 103 kg | ||||
Skool | Grey-kollege | ||||
Universiteit | Universiteit van die Vrystaat | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Flank | ||||
Springbokno. | 801 | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2013–2018 2018– |
NTT DoCoMo Red Hurricanes Northampton Saints |
26 20 |
(20) (20) | ||
korrek soos op 17 Junie 2023. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2006–2013 | Vrystaat Cheetahs | 61 | (125) | ||
korrek soos op 25 Augustus 2014. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2007–2015 | Cheetahs | 82 | (45) | ||
korrek soos op 17 Junie 2015. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2008–11, 2015 | Suid-Afrika | 22 | (5) | ||
korrek soos op 20 Augustus 2015. |
Heinrich Wilhelm Brüssow (gebore 21 Julie 1986 in Bloemfontein, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy speel vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker en die Cheetahs in die Superrugbykompetisie. Sy gereelde posisie is buiteflank.
Brüssow was op Grey-kollege in Bloemfontein waar hy vir die eerste span gespeel het. Hy is later ook vir die onder-18 Vrystaat Cravenweekspan gekies.
In 2008 het hy beïndruk deur as die beste buiteflank in die Super 14 en Curriebekerreeks te presteer. Dit besorg hom die voorreg om vir die Springbokke vir die November-toer na Brittanje opgeroep te word. Ongelukkig het hy net die laaste 4 minute in die laaste toets van die toer teen Engeland gespeel.
In 2009 het Brüssow sy ongelooflike vorm behou as die voorste flank in die Super 14-kompetisie. Dit was ongelukkig nie genoeg vir die Springbok-keurders nie, wat hom nie vir die Springbokspan gekies het nie. Hy het vir die Vrystaat Cheetahs teen die Britse en Ierse Leeus span gespeel en bewys dat sy uitsluiting 'n fout was. Die sprokie het voortgeduur toe hy uiteindelik vir Schalk Burger, wat nie betyds kon herstel van 'n besering nie, vervang het vir die eerste toets teen die Britse en Ierse Leeus. [1][2]
Sedertdien het sy spelpeil bly verbeter. Hy word as die "Speler-van-die-wedstryd" aangewys na die Springbokke se oorwinning teen die All Blacks op 25 Julie 2009. [3]