Henri Vieuxtemps, litograaf deur Josef Kriehuber, 1842Bladmusiek vir La Fiancée de Messine van die Koning Baudouin-stigting.
Henri François Joseph Vieuxtemps (Franse fonetiese spelling: ɑ̃ʁi fʁɑ̃swa ʒɔzɛf vjøtɑ̃) 17 Februarie1820 – 6 Junie1881) was 'n Belgiese komponis en violis. Hy beklee 'n belangrike plek in die geskiedenis van die viool as 'n prominente eksponent van die Frans-Belgiese -skool gedurende die middelperiode van die 19de eeu. Hy is ook bekend daarvoor dat hy die Vieuxtemps Guarneri del Gesù (soos dit later bekend sou staan) gespeel het, 'n viool wat getuig van besonderse vakmanskap.
Vieuxtemps is bekend daarvoor dat hy die Vieuxtemps Guarneri del Gesù (soos dit later bekend sou staan) besit en gespeel het. Die viool is in 1741 gebou, en word beskou as een van die beste voorbeelde van die vakmanskap van Giuseppe Guarneri. Dit word geag word sonder gebrek te wees, ten spyte van die voortgesette gebruik daarvan oor baie jare. Die "del Gesù" (letterlik "van Jesus") verwys na die vervaardiging daarvan deur Bartolomeo Giuseppe Guarneri, wat die nomina sacra, I.H.S. (iota-eta-sigma) en 'n Romeinse kruis op die etikette van sy werk aangebring het. Tydens Vieuxtemps se begrafnis is die viool op 'n kussing gedra agter die lykswa wat die liggaam vervoer het.[1] Die instrument is later gespeel deur beroemde meesters van die viool soos Yehudi Menuhin, Itzhak Perlman en Pinchas Zukerman. In Januarie 2012 is die instrument aangeskaf deur 'n privaatversamelaar vir 'n onbekende bedrag.[2]