Henry David Thoreau (1817 - 1862) was 'n Amerikaanse skrywer en filosoof. Hy is veral bekend vir sy boek, Walden, waarin hy peins oor 'n eenvoudige lewe in 'n natuurlike omgewing, asook sy opstel Civil Disobedience ("Burgerlike ongehoorsaamheid"), waarin hy 'n argument stel vir individuele weerstand teen staatsregering ten tye van morele opposisie van 'n onregverdige staat.
Thoreau se boeke, artikels, opstelle, joernale en gedigte tel saam meer as 20 volumes. Tussen sy blywende bydraes was sy skrywes oor natuurgeskiedenis, waarin hy die metodiek en vindings van ekologie voorsien het, en omgewingsgeskiedenis; beide vorms van moderne omgewingskunde.
Hy was sy lewe lank ten gunste van die afskaffing van slawerny en het lesings gegee wat die wette rakende voortvlugtende slawe aangeval het. Hy het die skrywes van Wendell Phillips geprys en ander ondersteuners van die afskaffing van slawerny, soos John Brown, verdedig. Thoreau se filosofie van burgerlike ongehoorsaamheid het die politieke denke en dade van latere figure soos Leo Tolstoi, Mahatma Gandhi en Martin Luther King jr. beïnvloed.
Daar word soms na Thoreau verwys as 'n individualistiese anargis[1][2] en 'n inspirasie vir ander anargiste. Alhoewel sy skrywes die verbetering, liewer as afskaffing van regering aanbeveel,[3] mik die genoemde verbeterings na regeringloosheid: "Die beste regering is een wat geensins regeer nie en wanneer mense daarop voorbereid is, sal dit die soort regering wees wat hulle sal hê".[4]
↑“‘That government is best which governs not at all;’ and when men are prepared for it, that will be the kind of government which they will have.”Thoreau, H. D. Resistance to Civil Government
↑Peabody, Elizabeth Palmer; Emerson, Ralph Waldo; Hawthorne, Nathaniel; Thoreau, Henry David (1 Januarie 1849). Aesthetic papers. Boston, : The editor; New York, : G.P. Putnam – via Internet Archive.
↑Thoreau, Henry David; Houghton (H. O.) & Company. (1863) bkp CU-BANC; Emerson, Ralph Waldo; Thoreau, Sophia E. (1 Januarie 1863). Excursions. Boston, Ticknor and Fields – via Internet Archive.
↑Thoreau, Henry David; Thoreau, Sophia E.; Channing, William Ellery (1 Januarie 1864). The Maine woods. Boston, Ticknor and Fields – via Internet Archive.
↑Thoreau, Henry David; Thoreau, Henry David; Emerson, Ralph Waldo (1 Januarie 1865). Letters to various persons. Boston : Ticknor and Fields – via Internet Archive.
↑Thoreau, Henry David; Thoreau, Henry David; Channing, William Ellery; Emerson, Ralph Waldo; Thoreau, Sophia E. (1 Januarie 1866). A Yankee in Canada, with Anti-slavery and reform papers. Boston, Ticknor and Fields – via Internet Archive.
↑Miscellanies[dooie skakel] from the Writings of Henry David Thoreau: The Digital Collection
↑Thoreau, Henry David; Sanborn, F. B. (Franklin Benjamin) (1 Januarie 1894). Familiar letters of Henry David Thoreau. Boston : Houghton, Mifflin – via Internet Archive.