Henry Lukin | |
---|---|
Henry Lukin, voor 1925 | |
Bynaam(e) | Tim |
Geboortedatum | 24 Mei 1860 |
Geboorteplek | Edith Villas, Fulham, Engeland |
Sterfdatum | 15 Desember 1925 (op 65) |
Sterfplek | Muizenberg, Kaapprovinsie |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk Suid-Afrika |
Diens/Tak | Britse Leër |
Jare in diens | 1878–1919 |
Rang | Generaal-majoor |
Eenheid | Cape Mounted Riflemen |
Poste beklee | 1ste Suid-Afrikaanse Infanteriebrigade 9de (Scottish) Division 64de Division |
Veldslae/oorloë | Anglo-Zoeloeoorlog Basoetoeland Gewere-oorlog Betsjoeanaland-veldtog Tweede Vryheidsoorlog Eerste Wêreldoorlog |
Toekennings | Knight Commander of the Order of the Bath Companion of the Order of St Michael and St George Distinguished Service Order |
Ander werk | Eerste president van die Britse Empire Service League (SA) |
Generaal-majoor Sir Henry Timson Lukin (1860–1925) was 'n Suid-Afrikaanse soldaat. Hy is in 1860 in Londen gebore. Hy kom in 1879 in Suid-Afrika aan en veg in die Anglo-Zoeloeoorlog. Na 'n kort besoek aan Engeland keer hy in 1880 terug en sluit aan as luitenant by die Cape Mounted Riflemen. Hy veg in Basoetoeland, bly jare lank in Oos-Kaapland en neem deel aan die krygsverrigtinge teen hoofman Galishwe in Betsjoeanaland en aan die Langebergveldtog van 1897. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog voer hy bevel oor die artillerie in die Koloniale-afdeling en neem deel aan die beleg van Wepener en talle ander gevegte. Hy word bevorder tot luitenant-kolonel en kry 'n D.S.O. Na die oorlog word hy Kolonel in Bevel van die Cape Mounted Riflemen en later Kommandant-generaal van die Koloniale Magte in die Kaap.
In 1911 woon hy die kroningsplegtigheid van Koning George V by en met die stigting van die Unie-Verdedigingsmag in 1912 word hy aangestel as Inspekteur-generaal. Tydens die Eerste Wêreldoorlog veg hy in Duits-Suidwes-Afrika en Egipte. In Frankryk was hy in bevel van die Suid-Afrikaanse magte by Delvillebos en doen gasvergiftiging op. Hy word bevorder tot Generaal-majoor en is in 1925 oorlede.