Herbert Jeffrey Hancock (gebore op 12 April1940) is 'n Amerikaanse pianis, komponis, en akteur.[1] Hancock het sy loopbaan begin saam met Donald Byrd. Kort daarna het hy aangesluit by die Miles Davis Kwintet, waar hy 'n bydra gelewer het om die rol van die jazz ritme-afdeling te herdefinieer, en een van die hoof rolspelers van die post-bop klank was. In die 1970's het Hancock geëksperimenteer met jazz fusion, funk en electro-funk style.
Hancock se bekendste komposisies, wat standaardwerke in die jazz repertorium is, sluit in "Cantaloupe Island", "Watermelon Man", "Maiden Voyage" en "Chameleon" sowel as die treffer-enkelsnitte "I Thought It Was You" en "Rockit". Sy 2007 album getiteld River: The Joni Letters het die 2008 Grammy-toekenning vir die album van die jaar gewen, wat dit slegs die tweede jazz album gemaak het om die prys te wen, na Getz/Gilberto in 1965.
Hancock dien sedert 2012 as professor aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles, waar hy klas gee aan die UCLA Herb Alpert musiekskool.[2] Hy is ook die voorsitter van die Herbie Hancock Institute of Jazz[2] (tot 2019 bekend as die Thelonious Monk Institute of Jazz).
2000: Jack DeJohnette, Hancock, Dave Holland and Pat Metheny – Live in Concert
2002: Herbie Hancock Trio: Hurricane! met Ron Carter en Billy Cobham[4]
2002: The Jazz Channel Presents Herbie Hancock (BET on Jazz) met Cyro Baptista, Terri Lynne Carrington, Ira Coleman, Eli Degibri en Eddie Henderson (opgeneem in 2000)
2004: Herbie Hancock – Future2Future Live
2005: Herbie Hancock's Headhunters Watermelon Man (Live in Japan)
2006: Herbie Hancock – Possibilities met John Mayer, Christina Aguilera, Joss Stone, en andere
Die voormalige staatsekretaris van die Verenigde State John Kerry en Mev. Mrs. Teresa Heinz Kerry poseer vir 'n foto saam met Shirley MacLaine, Martina Arroyo, Billy Joel, Carlos Santana en Herbie Hancock by die Staatsdepartement van die VSA in Washington, D.C., op 7 Desember 2013.Hancock ontvang die Gold Record-toekenning vanaf Kazimierz Pułaski van Sony Music Pole, 29 November 2011Herbie Hancock ster by die Hollywood Walk of FameMichael Lington en Hancock by die ingang van die Playboy Jazz Festival
Keyboard Readers' Poll: Best Jazz Pianist (1987, 1988); Keyboardist (1983, 1987)
Playboy Music Poll: Best Jazz Group (1985), Best Jazz Album Rockit (1985), Best Jazz Keyboards (1985, 1986), Best R&B Instrumentalist (1987), Best Jazz Instrumentalist (1988)
MTV-toekennings (5), Best Concept Video, "Rockit", 1983–'84
Gold Note Jazz Awards – New York Chapter of the National Black MBA Association, 1985