Hirola | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Beatragus Heller, 1912
|
Spesie: | B. hunteri
|
Binomiale naam | |
Beatragus hunteri | |
Verspreidingsgebied van die hirola | |
Sinonieme | |
Cobus hunteri Sclater, 1889 |
Die Hirola (Beatragus hunteri soms Damaliscus hunteri), ook bekend as Hunter se hartebees, is die enige lid van die geslag Beatragus.
Hirola's staan bekend as die "vieroog-antilope", vanweë hul groot preorbitaalkliere. Die dier het 'n skofhoogte van 100 tot 125 cm, is 120 tot 200 cm lank en weeg 80 tot 118 kg. Die stert is 30 tot 45 cm lank. Hul pels is sandbruin van kleur, gryser by die bulle as by die koeie, met 'n ligte pens en 'n klein wit, brilagtige, strook op die brug van die neus. Die horings is liervormig en baie opvallend geringd.
Die hirola kom deesdae slegs op groot, droë vlaktes op die grens van Kenia en Somalië voor. Voorheen is die soort ook in Somalië aangetref, maar daar word vermoed dat hulle sedert 2005 uitgesterf is in dié land.
Kuddes bestaan uit twee tot veertig koeie onder leiding van 'n territoriale bul. Vrygeselkuddes van vyf of meer bulle kom algemeen voor. Die dominante mannetjies is baie gebiedsgebonde. As die bulle veg, sak hulle af op die knieë, terwyl hulle met hul horings die teenstander met die agterpote vorentoe stoot.
Dié antilope is dagdiere en bestee hoofsaaklik hul oggende en namiddae aan weiding. Naas gras vreet die hirola's soms ook blare. Die diere verkry die meeste van hul vog uit die oggenddou.
Die hirola is 'n ernstig bedreigde diersoort. Daar is op die oomblik slegs nog tussen 500 en 1 000 eksemplare in die natuur oor. In 1990 was daar nog ongeveer 7 000 diere en slegs tien jaar vroeër is daar nog meer as 14 000 getel. Die sterk afname is omrede hulle moet meeding met ander vee waar daar nie voldoende voedsel in 'n gebied is nie, en ook omdat hul habitat al meer geteister word deur ernstige droogtes. Die jagmaak op die dier het ook 'n rol gespeel.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |