Hmong-Mien-tale Miao-Yao-tale
| |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Suidelike Volksrepubliek China, Laos, Thailand en Viëtnam |
Genetiese klassifikasie: |
Hmong-Mien Hmong-Mien-tale |
Onderafdelings: |
Hmong (Miao)
Mien (Yao)
|
Verspreiding van Hmong-Mien-tale |
Die Hmong-Mien-tale of Miao-Yao-tale is 'n taalfamilie wat uit sowat 38 tale bestaan en deur 14–15 miljoen mense gepraat word.[1] Hulle is oorwegend oor die suidelike Volksrepubliek China, Laos, Thailand en Viëtnam versprei.
Die Hmong-Mien-tale is na die twee hooftakke, naamlik die Hmong-tale (of Miao-tale) en die Mien-tale (of Yao-tale), genoem.[2] Die taal She of Ho Nte sal moontlik 'n derde sytak kan vorm. Die Mandarynse name van die twee hooftakke is Miáo en Yáo, terwyl die Viëtnamese benaming H'Mông en Dao is. Die endoniem van albei volke en tale is egter Hmong en Mien.
As gevolg van die toontaal-eienskappe van die Hmong-Mien-tale en die groot aantal van Chinese leenwoorde is hulle vroeër as deel van die Sino-Tibettaanse tale beskou, hierdie siening is intussen verouderd. Volgens ander taalkundiges vorm die Hmong-Mien-tale egter deel van 'n Oos-Asiatiese of "Austriese" taalfamilie, saam met die Austro-Asiatiese, Austronesiese, Sino-Tibettaanse, Japannese en Tai-Kadai-tale.
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Hmong (3,7 miljoen) en Yao (1,3 miljoen).
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)