Wapen | Ligging in Duitsland |
---|---|
Basiese gegewens | |
Deelstaat: | Hesse |
Administratiewe setel: | Bad Homburg vor der Höhe |
Oppervlakte: | 482,03 vk km |
Bevolking: | 236 719[1] (30 Junie 2019) |
Bevolkingsdigtheid: | 491,1 inwoners per vk km |
Kenteken: | MTK |
Administratiewe verdeling: | 13 munisipaliteite |
Landrat: | Ulrich Krebs (CDU) |
Amptelike webwerf: | hochtaunuskreis.de |
Ligging in Hesse | |
Die Hochtaunuskreis is 'n administratiewe distrik in die Duitse deelstaat Hesse. Die administratiewe setel en grootste nedersetting is Bad Homburg vor der Höhe.
Vanweë sy ligging naby die metropolitaanse gebied van Frankfurt am Main, een van die belangrikste ekonomiese spilpunte van Duitsland, word die distrik deur besondere ekonomiese, demografiese en sosiologiese aanwysers soos die tweede hoogste per capita-koopkrag van alle Duitse distrikte (ná die Beierse distrik Landkreis Starnberg) en van die hoogste eiendomspryse in Duitsland gekenmerk. Sy landskap word onder die mees verruklike in die deelstaat gereken.[2]