Hoender Kiëf | ||
![]() | ||
Oopgesnyde hoender Kiëf. | ||
Gang | Hoofgereg | |
Land | ![]() | |
Hoofbestanddeel | Hoendervleis | |
Ander bestanddele | Knoffel, eiers, broodkrummels, kruie |
Hoender Kiëf (Oekraïens: котлета по-київськи, kotljeta po-kijifski, Russies: котлета по-киевски, kotljeta po-kijefski) is ’n gereg van hoenderfilette wat plat gekap, om koue botter gerol en met eiers en broodkrummels bedek word. Dit word dan óf gebraai óf gebak.[1][2] Dit is veral gewild in die state van die voormalige Sowjetunie en Oosblok,[3][4] sowel as Engelssprekende lande.
Hoender Kiëf word gemaak van hoenderborsies met die been in wat in die lengte gesny en plat gekap word. Soms word dit sonder die been berei. In die Weste word dikwels knoffelbotter gebruik, maar in Russiese resepte gewone botter. Kruie (pietersielie en dille) kan by die botter gevoeg word.[1][2] In sommige lande word die botter deur bloukaas vervang.[5]
In die Weste is ’n weergawe met ’n vulsel van kaas en ham in plaas van botter gewild; dit word dikwels hoender Cordon Bleu genoem.
Resepte