Holy Fuck | |
---|---|
![]() Holy Fuck in Molotow op 14 April 2008. | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Toronto (Kanada) |
Genres | Elektronika, eksperimentele rock |
Jare aktief | 2004 — hede |
Etikette | Dependent Music, Young Turks |
Lede | Brian Borcherdt Graham Walsh Matt McQuaid Matt Schulz (ex Enon) Brad Kilpatrick |
Gewese lede | Kevin Lynn (baskitaar) Mike Bigelow (baskitaar) Loel Campbell (slagwerk) |
Holy Fuck is 'n instrumentele rockgroep vanuit Toronto (Kanada) wat in 2004 ontstaan het. Hulle was aanvanklik deel van Dependent Music, 'n plate-etiket-musiekgroep-kombinasie wat in 1994 in Yarmouth, Nova Scotia, sy oorsprong gehad het.[1] Die groep maak naas algemene musiekinstrumente soos die baskitaar en 'n tromstel ook gebruik van ander geluidsbronne, soos 'n 35 mm-filmprojektor en speelgoedklawers om elektronies klinkende effekte te skep sonder om van skootrekenaars of gevorderde digitale hulpmiddele gebruik te maak.