end (die einde), ent (die loot van een boom in die spleet van ’n ander bevestig; ook ’n stuk van ’n pad)
faal (misluk), vaal (vervelend, vuilwit, bleekgeel, gryserig of bleekbruin)
feit (geen verdigsel nie), fyt (pynlike sweer aan ’n vinger)
fel (hewig, byvoorbeeld soos die son kan neerbak), vel (huid van mense of diere; ook omkap, soos in “bome word gevel”; ook regterlik beslis, soos in “die vonnis word gevel”)
fier (vol regmatige trots), vier (feestelik deurbring; ook een minder as vyf)
fiets (waarop jy trap-trap kan ry), viets (netjies en sjiek)
fonds (geld wat vir ’n bepaalde doel byeengebring word), vonds (iets wat gevind is)
fors (kragtig), vors (koning)
kruit (in ’n patroon), kruid (in ’n tuin)
lid (een van die mense in ’n geordende groep waaraan hy of sy behoort), lit (’n deel van byvoorbeeld ’n vinger of ’n riet)
lood (metaal), loot (jong tak van ’n plant; ook deur die lot aanwys)
luid (hard klinkend), luit (tokkelinstrument)
ly (pyn en lyding), lei (voor loop), lui (moeg)
mied (opgestapelde hoop hooi of iets anders), miet (klein larwe of wurmpie in byvoorbeeld meel)
nood (haglike toestand), noot (musiekgeluid; ook papiergeld)
peil (diepte of hoogte van iets vasstel), pyl (wat met ’n boog afgeskiet word; ook soos in “iemand pyl op iets af”)
pond (Britse geld of ou gewigsmaat), pont (platboomvaartuig wat gebruik kan word om ’n rivier oor te steek)
rant (klipperige hoogte), rand (buitekantste omtrek van ’n voorwerp; ook ’n muntstuk; ook ’n denkbeeldige oorgangsgrens, soos in “op die rand van die graf of van bankrotskap”)
reier (moerasvoël), ryer (iemand wat ry)
ry (voortbeweeg in ’n voertuig), rei (koor)
ryk (welgesteld en vermoënd), reik (jou hand uitstrek tot, soos in “reik na die sterre”)
seine (tekens), syne (behoort aan hom)
skud (heftig heen en weer of op en af ruk), skut (iemand wat skiet);
steil (baie skuins op en af, miskien soos ’n bergpad), styl (van ’n skrywer; ook van hare)
vermaard (beroemd), vermaerd (wat maer geword het)
vly (jou saggies en gerieflik neerlê), vlei (moerassige laagte; ook iemand heuning om die mond smeer)
want (omdat), wand (muur)
wei (gras vreet, soos die beeste op die veld), wy (skenk, soos in “wy jou aandag aan hierdie saak”)
ys (bevrore water), eis (gebiedend aandring op iets)