Honda Gold Wing GL1800 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Vervaardiger | Honda Motor Co., Ltd |
Ook genoem | GL1800A (met ABS) |
Produksie | 1974-huidig |
Montering | Marysville, Ohio USA (2000–2009); Kikuchi, Kumamoto Japan (2011–huidig) |
Voorganger | GL1000, GL1100, GL1200, GL1500 |
Klas | Toerfiets |
Enjin | 1 832 kubieke sentimeter (111,8 dm3) waterverkoelde platsessilinder, EBNA met PGM-FI |
Boor / Slag | 74 x 71 mm |
Drukverhouding | 9.8:1 |
Kraglewering | 88 kW |
Wringkrag | 167 Nm |
Ontsteking | Digitaalelektronies |
Transmissie | 5-gangvoetratkas met elektriese trurat |
Raamtipe | Diamandmultiboks-aluminiumallooi |
Vering | Voor: 45mm buisvurk met teenduikstelsel, 140 mm beweging Agter: Enkelkant-swaaiarm, 105 mm beweging |
Remme | Voor: Dubbelskyf, 3-suierknypers Agter: enkelskyf, 3-suierknyper |
Bande | Voor: 130/70R-18 63H, Agter: 180/60R-16 74H |
Helling, sleep | 29.25 grade, 109 mm |
Wielbasis | 1 692 millimeter (66,6 dm) |
Afmetings | Lengte: 2 635 millimeter (103,7 dm) Breedte: 945 millimeter (37,2 dm) Hoogte: 1 455 millimeter (57,3 dm) |
Sitplekhoogte | 740 millimeter (29 dm) (29 dm) |
Massa | 362 kilogram (800 lb) GL1800A (droog) 389 kilogram (860 lb) (leë brandstoftenk) (nat) |
Verwante modelle | Valkyrie |
Die Honda Gold Wing is 'n reeks toermotorfietse deur Honda vervaardig. Dit is vrygestel op die Keulen Motorfietsskou in Oktober 1974, en het 'n gewilde model geword in Noord-Amerika, Wes-Europa en Australië, asook in Japan. Totale verkope van meer as 640 000 is aangeteken, die meeste van hulle in die Amerikaanse mark.[1][2]
Die Vereniging van Automobielingenieurs van Japan sluit 'n Honda Gold Wing GL1000 vervaardig in 1974 in as een van hul 240 Landmerke van Japannese Motortegnologie. Teen middel van 2012 het Honda GL-modelle agtien keer op die Cycle World lys van "Tien beste motorfietse" verskyn.[3]
Oor die verloop van die geskiedenis, is talle veranderinge aan die ontwerp en produksie gemaak. In 1975 het dit 'n 999 cc platviersilinder gekry en in 2001 'n 1 832 kubieke sentimeter (111,8 dm3) platsessilinder. Teen 2012, het die model 'n windskerm met verhitting en 'n verstelbare voorruit gehad, asook panniers, satellietnavigasie en radio, 'n sesluidsprekerklankstelsel met MP3 en iPod konneksie,[4] sluitweerremme, togbeheer, elektries ondersteunde trurat, en 'n opsionele lugsak.[5]
Gold Wings is vervaardig in Marysville, Ohio vanaf 1980 tot en met 2010, toe motorfietsproduksie daar gestaak is.[6] Produksie is in 2011 hervat in Kumamoto Prefektuur, Japan, met behulp van gereedskap ingevoer van die ou aanleg.[7]