Horatius | |
---|---|
![]() Horatuis, deur Anton von Werner | |
Gebore | Quintus Horatius Flaccus 8 Desember 65 v.C. Venusia, Italië, Romeinse Republiek |
Sterf | 27 November 8 v.C. (op 56) Rome, Romeinse Republiek |
Nasionaliteit | Romeinse Republiek |
Beroep | soldaat, scriba quaestorius, digter |
Bekend vir | Ode, Satire, Ars Poetica |
Quintus Horatius Flaccus (8 Desember 65 v.C. — 27 November 8 v.C.) was 'n Romeinse digter in die era van keiser Augustus.
Horatius is gebore in Venusia, 'n klein dorpie tussen Apulia en Lucania. Horatius was die seun van 'n vrygestelde slaaf. Sy pa het 'n plaas gehad in Venusia, maar het later verhuis na Rome waar hy 'n middelman was by 'n afslaer. Horatius se vader het baie geld op Horatius se opvoeding gespandeer waar Horatius in Rome sowel as Athene gestudeer het. Nadat Julius Caesar vermoor is, het Horatius by die Romeinse legioene aangesluit onder die generaalskap van Brutus. Hy het by die slag van Philippi geveg en nadat Augustus 'n amnestie uitgereik het, het Horatius na Rome teruggekeer. Horatius word as een van die grootste Romeinse digters beskou.