Horemheb
|
Horemhab, Haremhab
|
|
Detail van ’n standbeeld van Horemheb (Kunsthistorisches Museum, Wene).
|
Farao van die 18de Dinastie
|
Periode |
1306 of 1319 tot 1292 v.C.
|
Voorganger |
Ai
|
Opvolger |
Ramses I
|
Oorlede |
1292 v.C.
|
Horemheb in Egiptiese hiërogliewe
|
|
|
Horemheb ("Horus Jubel") was die laaste farao van Antieke Egipte se 18de Dinastie. Hy het óf van 1319 tot 1292 v.C. regeer[1] óf van 1306 tot 1292 v.C. Hy was nie verwant aan enige van die voorafgaande heersers nie en was vermoedelik nie van koninklike afkoms nie.
Voordat hy farao geword het, was Horemheb die bevelvoerder van die leër onder Toetankamen en Ai. Ná sy bestyging van die troon het hy die staat hervorm en dit was tydens sy bewind dat die amptelike optrede teen die voormalige Amarna-heersers begin het. Hy het monumente van Achenaten laat afbreek en die materiaal gebruik vir nuwe bouprojekte. Horemheb was vermoedelik kinderloos, want hy het sy hofamptenaar Paramesse as sy opvolger aangewys. Dié het hom opgevolg as Ramses I.
- ↑ Erik Hornung, Rolf Krauss & David Warburton (red.), Ancient Egyptian Chronology (Handbook of Oriental Studies), Brill: 2006, p.493 Chronology table