Hoërskool Grey | |
Die skool se hoofgebou.
| |
Leuse | Tria Juncta in Uno (Drie word in een saamgevoeg) |
---|---|
Gestig | 1856 |
Tipe | Openbare seunskool |
Hoof | Chris Erustmas |
Grade | 8–12 |
Stad | Port Elizabeth |
Provinsie | Oos-Kaap |
Land | Suid-Afrika |
Jaarboek | The Grey |
Skoolkoerant | Grey Matter |
Webblad | www.greyhighschool.com |
Die Hoërskool Grey is 'n staatshoërskool vir seuns in die Oos-Kaapse stad Port Elizabeth.
Die skool is in 1856 gestig en genoem na die goewerneur van die Kaapkolonie, sir George Grey, wat persoonlike belangstelling in die skool se stigting getoon het. Dit het oorspronklik as die Grey-instituut bekend gestaan. Die eerste skoolhoof was J.R. Macleish, wat deur talle waardige hoofde opgevolg is, onder andere die digter W.A. Way.