Huis van Habsburg | |
---|---|
Vlag van die Huis van Habsburg
| |
Land | Meksiko, Oostenryk, Spanje |
Stigter | Otto II |
Laaste heerser | Karel I van Oostenryk |
Gestig | 12de eeu |
Einde van bewind | 1918 |
Rede | Novemberrewolusie |
Titels | Keiser van die Heilige Romeinse Ryk, Keiser van Meksiko, Keiser van Oostenryk, Koning van Hongarye, Koning van Boheme, Koning van Kroasië-Slawonië en Dalmasië, Koning van Portugal, Koning van Spanje |
Die Huis van Habsburg is ’n ou en belangrike Oostenrykse vorstehuis wat eeue lank keisers, konings, grawe en hertoë opgelewer het. Die naam van die dinastie is afgelei van die Habsburg, 'n kasteel in die huidige Switserse kanton Aargau. Die oudste dokument, waarin na die dinastie verwys word, dateer van 1108.[1]
Tans is daar sowat 600 persone wat die adellike familienaam von Habsburg dra. Karl von Habsburg (Karl Habsburg-Lothringen, * 1961[2]), die oudste seun van Oostenryk-Hongarye se laaste kroonprins Otto von Habsburg (1912−2011), het as hoof en spreker van die Huis van Habsburg gefungeer en die familie se gedragskode toegepas.[3] Alhoewel die Huis van Habsburg tradisioneel aanhangers van die Rooms-Katolieke Kerk was, is daar tans ook Protestantse lede.
TITEL | TERMYN |
---|---|
Hertoë van Oostenryk | 1282–1360 |
Aartshertoë van Oostenryk | Vanaf 1360 |
Romeins-Duitse konings en keisers | 1273–1806 (met onderbrekings) |
Grawe van Tirol | Vanaf 1363 |
Landshere van Voor-Oostenryk | Vanaf 1368 |
Hertoë van Boergondië | Vanaf 1477 |
Konings van Spanje | 1516–1700 |
Konings van Boheme | Vanaf 1438 |
Konings van Hongarye | Vanaf 1526 |
Keisers van Oostenryk (Oostenryks-Hongaarse Monargie vanaf 1867) | 1806–1918 |