Humanoïde robot

Honda Asimo; ‘n humanoïde robot.

’n Humanoïde robot (of mensagtige robot) is ’n masjien wat ’n liggaamsvorm het wat soos dié van ’n mens lyk, in teenstelling met masjiene wat anders gevorm is, byvoorbeeld industriële robotte of die robothond AIBO.

Mensvormige robotte is die afgelope paar jaar hoofsaaklik in Japan ontwikkel. Een van die bekendste robotte is Honda se ASIMO, wat in 2000 aan die publiek aangebied is en onafhanklik kan loop, hardloop en trappe klim, hoewel laasgenoemde soms verkeerd loop. 'n Mensagtige robot het dus dieselfde basiese vorm as 'n mens, maar is gewoonlik duidelik herkenbaar as 'n robot.

Androïde robotte

[wysig | wysig bron]

'n Androïde is 'n kunsmatige, mensagtige wese,[1] hoewel dit gewoonlik nie onmiddellik duidelik is dat dit 'n kunsmatige wese is nie. Die term is afgelei van 'n kombinasie van die Griekse woorde ἀνήρ (anér, man of mens[2]) en εἶδος (eídos, vorm, verskyning[2]). Omdat die Griekse ἀνήρ nie net mens beteken nie, maar ook man, word mensagtige robotte deur sommige verdeel in manlike en vroulike robotte, wat in Engels genoem word androids (androïede) en gynoids (ginoïede), maar gewoonlik word menslike robotte van albei geslagte androïede genoem.

Die 2003 androïde-robot Actroid, ontwikkel deur die Osaka Universiteit, kan nie loop nie, maar dit kan praat en op mense reageer. Soortgelyke androïede sluit in EveR-1 en EveR-2 van Suid-Korea.

Zora (Sorg vir die bejaarde rehabilitasie en animasie) is 'n 57 sentimeter hoë programmeerbare, menslike versorgingsrobot.

Kuborg

[wysig | wysig bron]

Sien hoofartikel: Kuborg

Kuborge is masjiene met organiese dele, of mense met kunsmatige inplantings. In die verlede is kuborge ook bioniese mense genoem. Die term kuborg is 'n akroniem vir kubernetiese organisme; 'n organiese wese met kunsmatige dele. Volgens sekere definisies van die term is baie mense wat vandag op die aarde loop in werklikheid reeds kuborge, naamlik mense wat 'n elektroniese inplanting het, soos 'n pasaangeër, inplantbare kardioverter-defibrillator of kogleêre inplanting.

Wetenskapfiksie

[wysig | wysig bron]

Die term robot is die eerste keer in 1920 deur die Tsjeggiese skrywer Karel Čapek in sy toneelstuk R.U.R. (Rossum's Universal Robots). Fritz Lang se 1927-film Metropolis bevat die robot Maria wat deur die aktrise Brigitte Helm gespeel word, en vanaf die 1940's het Isaac Asimov baie robotverhale geskryf. Hy het ook die Drie Wette van Robotika uitgevind. Van die 1960's af het robotte gereeld in rolprente en televisiereekse soos Doctor Who, Star Trek en Star Wars verskyn.

Ruimtevaart

[wysig | wysig bron]

Humanoïede word ook in ruimtevaart gebruik. In 2011 het NASA 'Robonaut 2' na die Internasionale Ruimtestasie gestuur en in 2019 is Fyodor, 'n Russiese robot na die ruimtestasie gelanseer.[3]

Bekende bestaande robotte

[wysig | wysig bron]
  • Leonardo da Vinci's robot (1495)
  • Eric (1928)
  • WABOT-1 (1967)
  • Honda E series (1986)
  • ASIMO (2000)
  • Actroid (2003)
  • Nao (2006)
  • Robonaut 2 (2010)
  • REEM (2010)
  • Sophia (2016)
  • Ai-Da (2019)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Van Dale Groot woordenboek van de Nederlandse taal - androïde
  2. 2,0 2,1 Liddell, H.G. & Scott, R. (1940). A Greek-English Lexicon. revised and augmented throughout by Sir Henry Stuart Jones. with the assistance of. Roderick McKenzie. Oxford: Clarendon Press.
  3. https://web.archive.org/web/20190822123746/https://www.ruimtevaartnieuws.nl/nieuws/rusland-stuurt-eerste-humanoide-robot-naar-het-iss/