Huningue (Elsasser Duits: Hinige en Héninga, Duits: Hüningen) is 'n dorp en munisipaliteit in die Franse kanton Huningue in die arrondissement Mulhouse in die département Haut-Rhin in die région Grand Est. Die drielandenedersetting lê aan die wesoewer van die Ryn-rivier, wat o.a. hier die grens met Duitsland asook vir 'n stukkie met Switserland vorm. Aan die oosoewer lê die Duitse dreilandestad Weil am Rhein en aan die suidoosoewer asook in die suide aan die wesoewer die Switserse dreilandestad Basel. Westelik lê die Franse grensnedersetting Saint-Louis. Die munisipale gebied het sowat 6 000 inwoners (2009) en 'n oppervlakte van 2,9 km².
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met Huningue. |