Ibiza Inheemse naam: Eivissa | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Ibiza | |
Geografie | |
Ligging | Spanje, Baleariese Eilande, Middellandse See |
Koördinate | 38°58′48″N 1°25′48″O / 38.98000°N 1.43000°O |
Argipel | Baleariese Eilande |
Totale eilande | 5 |
Hoofeilande | Baleariese Eilande |
Oppervlakte | 571,6 vk km |
Hoogste punt | Sa Talaiassa 475 m |
Administrasie | |
Spanje | |
Outonome gewes | Baleariese Eilande
|
Hoofstad | Ibiza |
Grootste stad | Ibiza (49 516)
|
Demografie | |
Bevolking | 132 637
|
Bevolkingsgroepe | Spanjaarde, Katalane |
Derde grootste van die Baleariese Eilande |
Ibiza (Katalaans: Eivissa [əjˈvisə]) is 'n Spaanse eiland in die Middellandse See en is die derde grootste eiland van die Baleariese Eilande. Dit is ongeveer 97 km van die ooskus van Spanje, 80 km suidwes van Majorka en het 'n oppervlakte van 571,6 km². Die hoofstad is die dorp met dieselfde naam, Ibiza. Ibiza is in 1999 deur Unesco weens sy biodiversiteit en kultuur as wêrelderfenisgebied gelys.