Institut de France | |
---|---|
Die Institut de France (Franse uitspraak: ɛ̃stity də fʁɑ̃s}}, Instituut van Frankryk) is 'n Franse skolastiese genootskap wat vyf académies omvat, insluitende die Académie française.
Die Instituut, wat in Parys geleë is, bestuur nagenoeg 1,000 stigtings sowel as museums en châteaux wat oop is vir besoeke. Dit ken ook pryse en subsidies toe - welke in 2017 neergekom het op 'n verstommende bedrag van meer as €27 miljoen per jaar.[1] Die meeste van die pryse word op aanbeveling van die académies deur die Instituut toegeken.
Die gebou was oorspronklik opgerig as die Collège des Quatre-Nations deur Kardinaal Mazarin as 'n skool vir studente vanuit nuwe provinsies wat geannekseer en toegevoeg is tot Frankryk onder Louis XIV. Die Institut de France was op 25 Oktober 1795 deur die Franse regering gestig.[2]In 2017 was Xavier Darcos as die Institut de France se kanselier benoem.[3]
Die Royal Society of Canada wat in 1882 geïnisieer is, is gemodelleer na voorbeeld van die Institut de France, en die Koninklike-genootskap van Londen. Die Libanese Akademie van Wetenskappe, amptelike bekend ingevolge sy Franse naam as "Académie des Sciences du Liban" (ASL), is breedweg geskoei op die Franse Akademie van Wetenskappe, waarmee dit op deurlopende wyse gesamentlike programme bestuur.