Internasionale Tafeltennisfederasie | |
---|---|
Engelse naam | International Table Tennis Federation |
Afkorting | ITTF |
Land | wêreldwyd |
Sportsoorte | Tafeltennis |
Gestig op | 15 Januarie 1926 |
Gestig in | Berlyn, Duitsland |
President | Thomas Weikert |
Setel | Lausanne, Switserland |
Lede | 226 nasionale federasies |
Affiliasie | Internasionale Olimpiese Komitee |
Amptelike tale | Engels, Chinees |
Amptelike webwerf | ittf.com |
Die Internasionale Tafeltennisfederasie (ITTF) is die beheerliggaam vir alle internasionale tafeltennisverenigings.[1] Die rol van die ITTF sluit onder andere toesig oor reëls en regulasies en tegnologiese verbetering vir die sport van tafeltennis in. Die ITTF is verantwoordelik vir die organisasie van talle internasionale kompetisies, waaronder die Wêreld Tafeltenniskampioenskap wat sedert 1926 gehou word.