Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Irshad Manji | |
---|---|
Irshad Manji in 2012 | |
Gebore | 1968 |
Nasionaliteit | Kanada |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Allah, Liberty and Love The Trouble with Islam Today Faith Without Fear |
Webwerf | irshadmanji.com |
Irshad Manji (Arabies: إرشاد مانجي ‘Irshād Mānjī, Gujarati: ઇરશાદ માનજી Irshād Mānji, gebore 1968) is 'n Oegandies-Kanadese skrywer en joernalis van Egiptiese en Gujarati afkoms.[1][2] Sy 'n voorstander van 'n "gereformeerde en progressiewe" interpretasie van Islam. Manji is direkteur van die morele moedprojek by die Robert F. Wagner Nagraadse Skool van Openbare Diens aan die New York Universiteit, die doel daarvan is om jong leiers te wys "hoe om politieke korrektheid, intellektuele konformiteit en self-sensorskap uit te daag".[3] Sy is ook die stigter en president van Projek ijtihad, 'n liefdadigheidsorganisasie wat 'n "tradisie van kritiese denke, debat en meningsverskil" in Islam wil bevorder.[4]
Manji is 'n bekende kritikus van tradisionele en konserwatiewe elemente van die Islam. Sy is deur die New York Times as "Osama bin Laden se ergste nagmerrie" beskryf.[5]