Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Isoniasied | |
---|---|
Chemie | |
IUPAC sistematiese naam | iso-nikotiniel-hidrasien |
Chemiese formule | C6H7N3O |
Molêre massa | 137.139 g/mol |
CAS registernommer | 54-85-3 |
Farmakokinetika | |
Roete van toediening | mondelings, intramuskulêr, intraveneuse inspuiting |
Proteïengebonde | weinig (0-10%) |
Metabolisme | Lewer; CYP450: 2C19, 3A4 inhibeerder |
Eliminasie-halfleeftyd | 0.5-1.6 uur (snel asetieleerders) 2-5 uur (stadige asetieleerders) |
Uitskeidingsroete | urine (primêr), ook faecies |
Isoniasied, ook bekend as iso-nikotiniel-hidrasien (afgekort as INH), is 'n organiese verbinding wat die eerste-linie medikasie is vir die voorkoming en behandeling van tuberkulose (TB). Die verbinding is reeds in die vroeë 20ste eeu ontdek, [1] maar die aktiwiteit teen tuberkulose is eers in die vroeë 1950's bekendgemaak en drie farmaseutiese maatskappye het gelyktydig, maar onsuksesvol, probeer om die middel te patenteer. [2] Die bekendste firma hiervan is Roche, wat sy weergawe, 'Rimifon' in 1952 geloods het. [3] Die middel is aanvanklik in Arizona, Amerika op die Navajo-gemeenskap van "Many Farms" getoets, danksy die bevolking se ernstige tuberkulose probleem en omrede hulle nie voorheen aan streptomisien blootgestel was nie, die belangrikste tuberkulose behandeling van daardie tyd. [4] Met die bekendstelling van isoniasied is 'n moontlike kuur vir tuberkulose die eerste keer gevind.
Isoniasied is beskikbaar in tabletvorm, stroop, en inspuitbare vorms (binnespiers of binneaars). Dit is wêreldwyd beskikbaar, is goedkoop en word oor die algemeen goed verdra deur pasiënte. Dit word vervaardig van isonikotiniese suur, wat weer geproduseer word van 4-metielpiridien. [5]
Isoniasied is 'n voorlopermiddel en moet deur 'n bakteriële katalase-peroksidase ensiem geaktiveer word, wat in M. tuberculosis KatG genoem word. [6] KatG help om isonikotiniese asiel met NADH te paar om isonikotiniese asiel-NADH te vorm. Hierdie kompleks bind dan aan die enoïel-asiel draerproteïenreduktase bekend as InhA, en verhinder daardeur die natuurlike enoïel-ACPM-substraat en die aktiwiteit van vetsuursintase. Hierdie proses inhibeer die sintese van mikoolsuur, wat nodig is om die mikobakteriële selwand te vorm. 'n Reeks radikale word gevorm deur KatG se aktivering van isoniasied, insluitend stikstofoksied, [7] wat ook blyk belangrik te wees in die werking van 'n ander antimikobakterieë voorlopermiddel, PA-824. [8]
Isoniasied is kiemdodend teen vinnigverdelende mikobakterieë, maar is bakteriostaties indien die mikobakterieë stadig groei. Isoniasied inhibeer die P450-ensiemstelsel. [9]
Isoniasied bereik terapeutiese konsentrasies in serum en harsingrugmurgvog. Dit word in die lewer gemetaboliseer deur middel van asetilering. Twee vorme van die ensiem is verantwoordelik vir asetilasie, so 'n paar pasiënte metaboliseer die middel vinniger as ander. Daarom is die halfleeftyd bimodaal, met 'n hoogtepunt van tussen een en drie uur in die Amerikaanse bevolking. Die metaboliete word in die urien uitgeskei. Dosisaanpassing in die geval van nierversaking is gewoonlik nie nodig nie.
Die gewone dosis van isoniasied in volwassenes is 5 mg/kg/dag (maksimum 300 mg per dag). In 2010 het die WGO die aanbevole dosis van isoniasied verhoog tot 10 mg/kg liggaamsmassa/dag. [10] Wanneer wisselvallig voorgeskryf (twee of drie keer per week), is die dosis 15 mg/kg (maksimum 900 mg per dag). Pasiënte met 'n stadige eliminasie van die middel (via asetilasie soos hierbo beskryf) kan vermindering benodig om doseringsvergiftiging te vermy. Die aanbevole dosis vir kinders is 8 tot 12 mg/kg/dag.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |