Italiërs is 'n versamelnaam vir 'n aantal Indo-Europese volke en stamme wat hulself vanaf ongeveer 1200 tot 1000 v.C. vanuit die noorde oor die Alpe in die Apennynse Skiereiland gevestig het.
Hulle word in twee taalgroepe verdeel: Latyn-Faliskies (van die Latyne (Latini) en die Faliske) en Oskies-Umbries (van die Oske en die Umbriërs). Die Latyne (een van die Latynse stamme was die voorouers van die Romeine) het hulle aan die onderlope van die Tiberrivier in Latium gevestig, die Umbriërs oos van die bolope (Umbrië) en die Oske verder suid daarvan in Kampanië (Samniete). Na die Italiese migrasie het die Liguriërs die oorspronklike bewoners van die skiereiland gebly.
In die 3de eeu v.C. het Rome die Italiërs begin onderwerp en uiteindelik geslaag in die doel.
Die byvoeglike naamwoord wat by Italiër hoort is Italies. Dit is in teenstelling met Italianer en Italiaans, wat na die huidige land Italië verwys.
Anthony, David (2007). The Horse, the Wheel, and Language: How Bronze-Age Riders from the Eurasian Steppes Shaped the Modern World. Drukpers van Princeton-universiteit. ISBN978-0-691-05887-0.