Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Ivermektien (EngelsːIvermectin) is 'n medikasiemiddel wat gebruik word vir die behandeling van verskeie soorte parasietbesmettings.[1] Dit sluit kopluise, jeuksiekte, rivierblindheid (onchocerciasis), sterkyloïdiasis, trichuriasis, ascariasis en elefantiase in.[1][2] Dit kan per mond geneem word of op die vel toegedien word vir uitwendige besmettings.[1][3][4]
Algemene newe-effekte sluit rooi oë en 'n droë en brandende vel in, wanneer dit vir kopluise gebruik word.[5] Dit is onduidelik of dit veilig is om te gebruik tydens swangerskap. Dit is waarskynlik nie gevaarlik tydens borsvoeding nie.[6] Dit behoort tot die avermektienfamilie van medisyne.[1] Dit werk by wyse van verskeie meganismes wat tot die dood van die geteikende parasiete lei. [1] As veeartsenykundige medikasie word dit onder andere gebruik om hartwurm en akariase te voorkom en te behandel.[7]
Ivermektien is in 1975 ontdek en is in 1981 vir mediese gebruik goedgekeur.[8][9] Dit is opgeneem in die lys van noodsaaklike medisyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie.[10] Ivermektien is ook deur die Amerikaanse Food and Drug Administration (FDA) goedgekeur as anti-parasitiese middel.[11]
In vitro het ivermektien antivirale effekte teen verskeie enkelstring-RNS-virusse, insluitend SARS-CoV-2.[18] Alhoewel so 'n gewone laboratoriumbevinding nie beteken dat die geneesmiddel enige kliniese effek op covid-19 het nie, het die verslae daarvan openbare belangstelling in selfmedikasie met behulp van veeartsenykundige voorrade aangewakker. Op 10 April 2020 het die FDA riglyne uitgereik om nie ivermektien wat vir veeartsenykundige gebruik geregistreer is, as behandeling vir covid-19 by mense te gebruik nie, aangesien dit skadelik kan wees.[19]
Ivermektien inhibeer die replisering van SARS-CoV-2 in die nier-selkultuur van ape met 'n IC50 of 2.2–2.8 µM, wat dit 'n moontlike kandidaat maak vir navorsing as covid-19-medisyne.[20][21] Op grond van hierdie data is dosisse van 10 000 keer die normale hoeveelheid nodig vir 'n antivirale effek by mense. [22][23] Afgesien van die praktiese probleme om elke dag 10 000 pille te sluk, word sulke hoë dosisse ivermektien nie gedek deur die huidige goedkeuring van die medisyne vir menslike gebruik nie en kan dit gevaarlik wees, aangesien die waarskynlike antivirale werkingsmeganisme die onderdrukking van 'n sellulêre proses is,[23] spesifiek die remming van nukleusvervoer deur invoer α / β1.[24]
In November 2020 het 'n stelselmatige oorsig bewyse van min voordele getoon wanneer ivermektien as aanvullende terapie gebruik word vir mense met nie-ernstige covid-19.[25] Die Amerikaanse National Institutes of Health se covid-19-behandelingsriglyne noem dat die bewyse vir ivermektien te beperk is om 'n aanbeveling vir of teen die gebruik daarvan te maak. [26] Bykomende bewyse uit ewekansige beheerde proewe (RCT's) en dosisreaksiestudies is nodig; verskeie soortgelyke studies is met ingang Januarie 2021 geloods.[27]
In Januarie 2021, tydens die tweede golf van covid-19-infeksies wat 20 000 sterftes per week meegebring het, het 'n groep Suid-Afrikaanse medici, byna 100 sterk, 'n dringende petisie aan President Cyril Ramaphosa gerig waarin gevra word vir die uitvoering van 'n snelle oorsig oor hierdie middel,[28] aangesien medici nie met die werkslas kon tred hou nie, en self in die voorste linie staan wat blootstelling betref.
Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het op 18 Junie 2021 sy ivermektienoorsig wat in Januarie die eerste keer gepubliseer is, bygewerk. Dit is 'n gedetailleerde dokument wat deur sommige van die land se voorste kundiges oor die assessering van medisyne geskryf is. Die outeurs het gekyk na al die ivermektienstudies wat gepubliseer is, en tot hierdie gevolgtrekking gekom:
Daar is tans onvoldoende bewyse om ivermektien aan te beveel vir die behandeling van covid-19. Baie van die ewekansige bewyse uit kliniese studies bestaan uit studies van lae metodologiese gehalte, meestal met klein steekproefgroottes en uiteenlopende intervensies en kontroles, wat die vertroue in enige gevolgtrekkings ten opsigte van ivermektien beperk. Die bewyse wat bestaan, dui nie op enige kliniese of virologiese voordele nie.”[29]
↑ 1,01,11,21,31,4"Ivermectin". The American Society of Health-System Pharmacists. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2016. Besoek op 16 Januarie 2016.
↑"Ivermectin (topical)". The American Society of Health-System Pharmacists. 27 Julie 2020. Besoek op 16 Januarie 2021.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
↑World Health Organization (2019). World Health Organization model list of essential medicines: 21st list 2019. Geneva: World Health Organization. hdl:10665/325771. WHO/MVP/EMP/IAU/2019.06. License: CC BY-NC-SA 3.0 IGO.
↑South African National Department of Health, Rapid Review Report, Component: COVID-19, TITLE: IVERMECTIN FOR TREATMENT OF COVID-19: EVIDENCE REVIEW OF CLINICAL BENEFITS AND HARMS, Datum: 18 Junie 2021 (update of the initial rapid review of 25 January 2021), Research question: Should ivermectin be used for the management of COVID-19?