Jack Black (1969-) is ’n Amerikaanseakteur, musikant en komediant. Hy was onder meer in High Fidelity en School of Rock te sien. Black sing of speel in talle van sy flieks kitaar en is vir twee Golden Globes genomineer.[1] Hy is ook die hoofsanger van die rockgroepTenacious D, wat hy in 1994 met sy vriend Kyle Gass gestig het.
Thomas J. Black, Jr. is op 28 Augustus1969 in Santa Monica, Kalifornië in die Verenigde State van Amerika gebore. Sy ouers skei toe hy 10 was, waarna hy met sy pa na Culver City verhuis. Op universiteit was hy 'n lid van Tim Robbins se Actor's gang, wat hom in 1992 'n rol in die speelfilm Bob Roberts besorg het. Dit was net 'n stemrol, maar die begin van sy loopbaan as akteur.[2][3]
Hy tree in sy beginjare in TV-programme soos The Golden Palace en Northern Exposure op, en het klein rolle in films soos Airborne, Demolition Man, Waterworld, The Fan, The NeverEnding Story III en The Cable Guy gespeel. Hy maak egter sy deurbraak in 2000 met High Fidelity. Hy was ook die stem van Po in die gewilde Kung Fu Panda-filmreeks.[4]
Hy is op 14 Maart 2006 met Tanya Haden getroud. Die egpaar het twee seuns wat onderskeidelik in 2006 en 2009 gebore is.