Jacquère is 'n wit druifsoort wat hoofsaaklik in die Savoie-wynboustreek van Frankryk verbou word.[1] Dit lewer 'n hoë opbrengs, en word gebruik om ligte, verfrissende en sag-aromatiese wyn te maak, soos byvoorbeeld Vin de Savoie. Jacquère word ook gebruik in Apremont-wyn, en word gewoonlik gedrink saam met kaasfondue ('n gereg uit dieselfde streek). Dit word ook gebruik om Bugey-wyn te maak.
Jacquère word ook verbou in sommige Condrieu-wingerde, maar dit mag nie gebruik word om Condrieu Appellation d'Origine Contrôlée-wyn te maak nie.[1]
Na verhoogde aanplantings in Frankryk in die 1980's, het aanplantings van die druifsoort sedert die 1990's op ongeveer 1000 hektaar gestabiliseer.[1]
Gouais blancis is uitgeken as een van die druifsoort se voorlopers, maar die andere is onbekend. Kenners is van mening dat Jacquère van Franse oorsprong is.[2]
In die 20ste eeu het die ampelograwe Louis Levadoux en (dekades later) Linda Bisson Jacquère gekategoriseer as 'n lid van die Pelorsien eko-geogroep, saam met Bia blanc, Béclan, Dureza, Exbrayat, Durif, Joubertin, Mondeuse blanche, Peloursin, Servanin en Verdesse.[3]
Sinonieme vir die druifsoort sluit in Altesse de Saint-Chef, Blanc des Ecoutoux, Buisserate, Cherche, Coufe Chien, yCugnete, Cugnette, Cugniette, Jacquère Blanche, Jacquèrre, Jacquière, Martin Cot, Martin Cot Blanc, Molette de Montmelian, Patois Rossette, Plant de Myans, Plant des Abymes, Redin, Robinet, Rossettin, Roussette, en Roussette de Montmelian.[2]