Jaguares | ||||
Stigting | 2015 | |||
Ligging | Buenos Aires, Argentinië | |||
Stadion | Estadio José Amalfitani, Buenos Aires | |||
Kapasiteit | 49 540 | |||
Afrigter(s) | Raúl Pérez | |||
Kaptein(s) | Agustín Creevy | |||
Liga(s) | Superrugby | |||
2018 | Kwarteind (7de na rondomtalie) | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Eerste wedstryd | ||||
Cheetahs 33 – 34 Jaguares (26 Februarie 2016) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Jaguares 73 – 27 Kings (30 April 2016) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Blues 24 – 16 Jaguares (2 April 2016) | ||||
Amptelike webwerf | ||||
www.jaguares.com.ar | ||||
Unie webwerf | ||||
www.uar.com.ar |
Die Jaguares (IPA: ɣɑ/gwa/rɛs) is ’n Argentynse rugbyspan wat sedert 2016 aan die Superrugbykompetisie deelneem. Die span is in 2015 gestig om ingesluit te word by die vergrote Superrugbykompetisie, en wel met sy debuut in die 2016 Superrugbyseisoen. Die span se basis is Buenos Aires en hulle tuisveld die José Amalfitani-stadion, met sitplek vir 49 540 mense.
Na indrukwekkende vertonings deur Argentinië in internasionale rugbykompetisies, waaronder ’n derde plek in die Rugbywêreldbeker 2007, het die Argentynse Rugbyunie (UAR) aansoek gesoen om insluiting in SANZAR se Drienasieskompetisie. In 2011 is aangekondig dat die kompetisie uitgebrei sou word om Argentinië in te sluit; gevolglik is die kompetisie se naam verander na die Rugbykampioenskap[1] en Argentinië het in 2012 vir die eerste keer aan die kompetisie deelgeneem.
Volgens die reëls van die Argentynse Rugbyunie was daar egter geen professionele liga in Argentinië nie en die UAR het die Pampas XV op die been gebring. Hierdie span het aan die Vodacombeker deelgeneem van 2010 tot 2013 en die kompetisie in die 2011-seisoen gewen met 11 opeenvolgende onoorwonne wedstryde.[2] Aan die einde van die 2013-seisoen het die span hom weens finansiële oorwegings aan die kompetisie onttrek[3] maar is die span behou om van 2014 af aan die Pasifiese Rugbybeker deel te neem.[4] Hulle her die kompetisie in 2014[5] en 2015 gewen (die kompetisie heet van 2015 af die Wêreldrugby Pasifiese Uitdaging).[6]
Ten spyte van die Pampas XV se suksesse het die UAR steeds gepoog om spanne by die Superrugbykompetisie ingesluit te kry.[7][8] Aangesien SANZAR vir die termyn van 2011 tot 2015 ’n Superrugbypakket aan uitsaaiers verkoop het, het dit beteken dat die formaat wat gegeld het toe die pakket saamgestel is, sou duur tot wanneer die pakket verstryk, m.a.w. die 2016-seisoen.[9]
In 2013 het Greg Peters, HUB van SANZAR aangekondig dat die Superrugbykompetisie in die 2016-seisoen uitgebrei sou word deur onder meer die toevoeging van die Southern Kings.[10] Vroeg in 2014 het SANZAR bevestig dat die Superrugbykompetisie uitgebrei sou word van 15 na 18 spanne met die aanvang van die 2016-seisoen en dat Argentinië een van die nuwe konsessies sou kry. Dit is bevestig dat die span se basis in Buenos Aires sou wees en dat hulle in een van die Afrika-konferensies sou wees.[11] In Oktober 2014 is ’n lisensie aan Japan toegestaan om die 18de konsessie te bedryf.[12] en die nuwe uitgebreide formaat met die drie nuwe spanne is in November 2014 formeel deur die Uitvoerende Komitee van SANZAR goedgekeur.[13]
Die naam sou aanvanklik teen einde Julie 2015 aangekondig word maar is uitgestel tot na afloop van die Rugbywêreldbeker 2015. Op 16 Desember 2015 is aangekondig dat die span as die Jaguares bekend sou staan. Die naam Jaguares is gekies om slinksheid, vaardigheid en krag voor te stel. Volgens die amptelike webwerf maak die skerp instink en intelligensie die Jaguares die ideale simbool vir die span.[14] Die naam is ook ’n eerbetoon aan die wapen van die UAR wat op alle nasionale spanne verskyn.
Die volgende tabel som die Jaguares se Superrugby-uitslae op:
Seisoen | Pos Alg | Pos Groep | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | Punte vir | Punte teen | +/- | BP1 | Pte | Notas |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2016 | 13de | 5de | 15 | 4 | 0 | 11 | 376 | 427 | −51 | 6 | 22 | |
2017 | 10de | 4de | 15 | 7 | 0 | 8 | 404 | 386 | +18 | 5 | 33 |
1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.
Jaguares 2017-superrugbyspan:
Stutte
Hakers Slotte |
Losvoorspelers
Skrumskakels Losskakels |
Senters
Vleuels Heelagters |